Friday, October 17, 2008

EKSAMEN HERINNERINGE - KLASNOTAS

Verduideliking van gedig:

Die tipe rympatroon wat hier ter sprake is, is paarrym.

Die digteres is ‘n student. Daar word nie melding gemaak van die studierigting van die student nie.

Die student het Biologie as ‘n vak. Dekker is die skrywer van die boek. Daar word nie melding gemaak van die naam van die boek nie. “Senuweestelsel” in reël een verwys na ‘n spesifieke hoofstuk van die boek.

Die student het ook Afrikaans as ‘n vak. Die boek getiteld “Poskaarte” is ‘n versameling van postmodernistiese gedigte. Fokofpolisiekar is die naam van ‘n groep Afrikaanse sangers. Karen Zoid is ‘n sangeres. Sy sing Afrikaanse liedjies sowel as Engelse liedjies. Antjie Krog het in literêre kringe bekendheid verwerf vir haar gedigte en prosaverhale wat sy skryf. “Gert Vlok Nel is ‘n Afrikaanse musikant en digter” (Gert Vlok Nel 2008:1). Gert Vlok Nel lewer nes Antjie Krog innoverende Afrikaanse werke op (Gert Vlok Nel 2008:1). Fokofpolisiekar, Karen Zoid, Antjie Krog en Gert Vlok Nel het almal iets met mekaar in gemeen. Hulle dig, sing of skryf in Afrikaans.

Die sinsnedes “off te log” en “shut down”, onderskeidelik in reël 23 en 24 van die gedig beklemtoon die feit dat die student ook te doen het met rekenaars in haar studies. Behalwe om haar opdragte op die rekenaar te doen het sy ook Rekenaartoepassingstegnologie as vak.

“I’m leaving on a jet plane” is ‘n sinsnede uit ‘n lied wat Kurt Darren op een van sy CD’s sing. Daar word nie melding gemaak van die naam van die CD waarna die student geluister het nie.

“My oë raak so swaar soos lood” in reël 7 is ‘n voorbeeld van ‘n vergelyking.

Bron:

Gert Vlok Nel. (2008). Beskikbaar te: http://af.wikipedia.org/wiki/Gert_Vlok_Nel (geraadpleeg op 14 Oktober 2008).

EKSAMEN HERINNERINGE

Ek het nog 55 bladsye van die senuweestelsel oor,
en is besig om stadig maar seker my kop te verloor.
Dis kwart voor 10 in die aand,
ek is besig met eksamen, dis Juniemaand.

In die agtergrond speel “I’m leaving on a jet plane”,
wens ek kon van die aardbol verdwyn.
My oë raak so swaar soos lood,
die kans dat ek gaan slaap vergroot.

Ek besluit om die badkamer te gaan opsoek,
voor ek aan die slaap raak bo-op my Biologie boek.
Teen eenuur roep ek Dekker vaarwel,
sy teorie is Engels, dis loutere hel!

In Poskaarte is ek besig om van postmodernistiese gedigte te lees,
meer as die helfte minder werk as Biologie, wat ‘n fees!
Fokofpolisiekar is deel van die leerwerk,
as ek druip gaan ek defintief vra vir ‘n hermerk.

In my gedagtes sien ek Karen Zoid rondspring op die verhoog,
dis ‘n jammerte die ouer garde wil gedurig teen haar betoog.
Antjie Krog het baie te sê oor Gert Vlok Nel,
vir my is dit nie beskore om hom te hê as ‘n pel.

Teen vieruur kan ek nie langer konsentreer,
maak nie saak hoe hard ek probeer.
My brein is besig om off te log, dis hoog tyd.
Wanneer hy vir ewig gaan shut down, dis Liewe Jesus se besluit.

Estelle Botha

No comments: