Friday, October 17, 2008

RYMSKEMAS - AANTEKENINGE

Rympatrone:

Sport is vir my soos kos,
niks en niemand kry my daarvan los.
Ek wil ‘n Springbok rugbyspeler word,
motivering is wat kort.
Bogenoemde is ‘n voorbeeld van paarrym.

My hond se naam is Vlekkie.
Ek is baie lief vir hom.
Soms skiet ek hom met ‘n rekkie.
My hond is glad nie dom.
Bogenoemde is ‘n voorbeeld van kruisrym.

Daar is kere wat ek moedeloos raak,
maar ek het ‘n goeie maat.
Hy bedien my altyd van raad
en sê ek moet my moedeloosheid staak.
Bogenoemde is ‘n voorbeeld van omarmde rym.

Die jong gespierde man
ry ‘n spilnternuwe BMW.
Habana het geen kans
om die rooi BMW in te haal.
Bogenoemde is ‘n voorbeeld van vrye vers, met ander woorde daar is nie sprake van ‘n bepaalde rympatroon nie.

No comments: